Alreeds vanaf 1995 is Willem betrokke by die bediening van OM Oekraïne (www.ua.om.org). Vanaf 2005 is hy die leier van hierdie bediening. Hierdie bediening bied baie geleenthede, maar is ook ‘n groot geloofsuitdaging omdat alle bedienings in die geloof gedoen word dat God al die nodige bronne sal verskaf. Indien jy geïnteresseerd wou wees om te weet hoe jy ‘n bydrae kan maak, kan jy met graagte na ons pragtige OM Oekraïne nuusbrief kyk. Dit is slegs beskikbaar in Engels : OM Ukraine news update.
